Die arbeidshof in Johannesburg het vandag bevind dat die SAUK se afdanking van die vier joernaliste onwettig is. Daarby moet die SAUK die joernaliste onmiddellik weer in hul poste aanstel. Die hof het voorts ʼn interdik teen enige verdere dissiplinêre aksie teen Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp ingestel. Die persone verantwoordelik vir die afdanking van die joernaliste moet voorts binne vyf dae aan die hof motiveer waarom hulle nie in hul persoonlike hoedanigheid aanspreek gehou moet word nie. #SABC
Om die hofuitspraak te lees, klik hier: https://solidariteit.co.za/solidariteit-vs-sauk/
Leave A Comment